Om die stemme af te weer

🖌 Max Lucado 🖌 | Ousus

Ek het iets teen leuenagtige stemme van ons wêreld. Julle het hulle al gehoor. Hulle sê jou aan om jou integriteit te verruil vir “iets beters”. Om jou oortuigings te verruil vir ń goeie transaksie. Om jou toewyding te verruil vir ń bietjie pret.

Hulle fluister. Hulle flikflooi. Hulle tart. Hulle pamperlang. Hulle verlei.
“Toemaar, dis in die haak.”
“Wag net tot môre.”
“Moenie bekommerd wees nie. Niemand sal weet nie.”
Hoe kan enigiets wat so reg voel, verkeerd wees?

Wat doen ons met die stemme?

Ek sit aan hierdie manuskrip en werk by ń lessenaar in ń hotelkamer. Ek is ver van die huis af. Weg van my mense wat my ken. Weg van gesinslede wat my liefhet.

Stemme wat aanmoedig en bevestig, klink ver.

Maar stemme wat verlei en verlok, klink naby. Hoewel die kamer stil is, is die stemme helder en duidelik as ek luister.

ń Plakaat op my spieëltafel nooi my na ń sitkamer waar ek “nuwe vriende kan maak in ń ontspanne atmosfeer.” ń Advertensie bo-op die televisiestel belowe dat ek net moet vra vir ń volwasse film, en “my fantasieë word bewaarheid.” In die telefoongids is daar ń hele paar kolomme van gesellinklubs wat “liefde weg van die huis af” aanbied. ń Pragtige boek met goue letters in my bedkassie se laai roep:
‘The Book of Mormon – Another Testament of JESUS CHRIST. Op die televisie is daar ń gespreksprogram met die dag se onderwerp: “Hoe om te slaag met seks op kantoor.”

Stemme. Sommige vir plesier. Sommige vir mag.
Sommige belowe aanvaarding. Sommige belowe teerheid. Maar elkeen belowe iets.

Kyk, EK staan by die deur en EK klop. As iemand MY Stem hoor en die deur oopmaak, sal EK by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met MY. – 📖 (Openb 3:20) 📖

Die wêreld hamer teen jou deur; JESUS klop net liggies aan. Die stemme skreeu om jou trou; JESUS vra sag en teer daarvoor. Die wêreld belowe blink plesier; JESUS belowe ń rustige feesmaal saam met GOD.

Watter stem hoor jy?

Kom ek sê iets belangriks. Daar is nooit ń tyd wat JESUS nie praat nie. Daar is nooit ń plek waar JESUS nie teenwoordig is nie. Nóóit nie! Daar is nooit ń vertrek so donker, ń woonvertrek so sensueel, ń kantoor so gesofistikeerd dat die teenwoordige, altyd agtervolgende, meedoënlose tere VRIEND nie daar is nie; nie aan ń deur van ons hart klop en wag om ingenooi te word nie.

Min mense hoor SY Stem. Nog minder maak die deur oop.

Daar is geen koor so luid dat die Stem van GOD nie gehoor kan word nie, as ons maar net sal luister.

Dit is ook waar in hierdie hotelkamer.

Dit het my ń paar minute geneem om dit te vind, maar ek het. Dit was nie so ooglopend soos ń plakkaat of ń advertensie vir ń film nie. Maar dit was daar. Dit was nie so spoggerig soos die Mormoonse Bybel of so treffend soos die advertensies vir gesellinne nie. Maar ek sal daardie leuens enige tyd prysgee vir die vrede wat ek in hierdie skat gevind het.

ń Bybel. ń Eenvoudige hardeband-Bybel wat deur die Gideons daar geplaas is. Dit het my ń paar minute geneem om dit op te spoor, maar ek het. En toe ek dit oopmaak by een van my geliefkoosde gedeeltes wat handel oor SY Stem:

“Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom ń tyd wanneer almal wat in die grafte is, SY Stem sal hoor en uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en díé wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.” – 📖 Joh 5:28-29 📖

Interessant. Daar kom ń dag wanneer almal SY Stem sal hoor. Daar kom ń dag wanneer alle ander stemme gaan stil raak. SY Stem, en nét SY Stem gaan gehoor word.

Sommige sal SY Stem vir die heel eerste keer hoor. Dis nie dat HY nooit gepraat het nie, dis net dat hulle nooit geluister het nie. Vir hulle sal GOD se Stem die van ń vreemdeling wees. Hulle sal dit eenmaal hoor, en nóóit weer nie! Hulle gaan die ewigheid deurbring deur die stemme af te weer wat hulle op aarde nagevolg het.

Ander gaan uit hulle graf geroep word deur ń bekende Stem. Want hulle is die skape wat hulle HERDER ken. Hulle is diensknegte wat die deur oopgemaak het toe JESUS geklop het.

Nou gaan die deur weer oopgemaak word. Hierdie keer gaan dit egter nie JESUS wees wat in ons huis inkom nie, maar ons wat in SYNE inloop!

Wow! Wat ń wonderlike dag as ons in JESUS se Huis mag instap om vir ewig saam met HOM te mag woon!

🌹🕊 Šhåłøm 🕊🌹

One thought on “Om die stemme af te weer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s