Waarom sal ons bid as God in elk geval net maak soos wat Hy goed dink en Hom nie laat voorskryf nie? Waarom enigsins bid as God Hom nie laat manipuleer nie, en, is gebed nie maar net manipulasie nie en wie is ék nou om my wil deur gebed te laat afdwing?
Dít is vrae wat ek raaklees.
My God is ‘n wonderlike God, die enigste God wat bestaan. Hy weet die beste en nee, wanneer ek bid, sal Hy Hom nie laat manipuleer nie. Hy is nie ‘n pion wat ek sommer net kan rondskuif soos ek wil nie.
Maar my God, die God van hemel en aarde, die Drie-enige God, is ‘n liefdevolle Vader, wat betrokke is by die geringste dingetjies in my en jou lewe. Hy is ‘n God wat die beste vir ons wil hê, maar ook ‘n God wat geëer wil word. Omdat Hy…
View original post 446 more words