Kan jy nie meer aangaan nie? Is jy moeg? Wil jy opgee?

Hoeveel kan ‘n mens hanteer? En wat as jy voel jy kan net nie meer nie. Jy probeer deurdruk en uithou maar jy kom aan die einde van jou kragte. Jy voel op ń gevaarlike en alleen plek in jou geestelike lewe. Diep binne weet jy die regte ding is om te doen is om te “Wag op die Here”. Gedagtes maal rond en jy weet jy sal nie nou verstaan nie, maar eendag sal jy. Hoekom gee jy soveel van jouself maar voel so leeg en alleen? Jy wil almal gelukkig sien, jy saai soveel liefde en omgee in almal se lewens en al wat jy ervaar is hartseer en teleurstellings. Mense kry dit tot reg om jou te laat sleg en veroordeeld voel oor hulle eie mislukkings en foute. Dit voel letterlik of jy in n greep vasgevang is en rerig nie weet waar is die uitkoms! Hoekom sal jy jou eie hart so stukkend en vepletterd laat net om almal gelukkig te hou? Voel jy vandag so? Of miskien ken jy iemand wat só voel? Hoeveel kan ‘n mens rerig hanteer? BAIE…. vreeslik baie, maar net tot op ‘n punt. En as daardie punt bereik word, is daar net een uitweg oor … en dit is om op die Here te vertrou, te kyk na die kruis en te weet dat my REDDER tot alles in staat is. Wanneer ons nie meer kan nie, KAN HY! Watter mens kan ek vertrou? WAT / WIE gaan my probleme oplos? WIE kan ooit doen wat Hy kan doen? Iewers moet ek op die punt kom wat ek moet sê: “Here, nou nie meer ek nie, maar U”. Weet dat die slegte tye en dinge nie vir altyd aanhou nie. Daar kom gewoonlik iewers uitkoms, al lyk dit nie so nie. Vat die Here op sy beloftes dat Hy dáár is en jou vashou, dat Hy jou sal oplig en uitlig. Vat elke dag, ‘n dag op ‘n slag. Elke oomblik wat jy kan vasbyt, is oorwinning. Doen alles wat jy kan om omstandighede te verbeter. Aanvaar wat jy nie kan verander nie, en sit die res in die Here se hande. Geloof in die Here se vermoëns, gaan verby dit wat ons kan sien. Dalk lê die draaipunt net om die volgende draai. Moet nooit te gou opgee nie. Weet dat die Here jou WIL help, dit is ń belofte! Hoeveel kan ‘n mens hanteer? Op jou eie, nie veel nie, maar … “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”
(Fil 4:13)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s