Ook jý is SÝ ribbok-kind

deur 🖊Milanie Vosloo🖊 | Ousus

HY maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat HY my veilig loop.
– Habakuk 3:19

“Maat, ek is moedeloos!
Dit gaan so moeilik met my en ek voel so ver van GOD.
Het HY my vergeet?” lees die SMS op my foon.
Ja, ook jý het waarskynlik al gestoei met ‘n droogtetyd in jou lewe, GOD gesmeek om jou lewe te verander, HOM gevra om jou van SÝ trou te verseker … en dan gewonder of HY jou wél lief genoeg het om altyd by jou te wil wees.

In sulke tye kan ons gerus weer die boek Habakuk lees en hoor hoe moedeloos gesmeek hierdie man van GOD was.
Hy wou so graag hê dat die HERE sy volk van die Babiloniërs moes red.
Dit het immers gelyk asof die vyand met moord wegkom terwyl GOD blind is daarvoor.
Dis dan wanneer die HERE hom met groot deernis antwoord en sê:
“Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees verseker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie” (Habakuk 2:3).
Alhoewel die HERE nie dadelik hul swaarkry wegneem nie, het Habakuk geweet dat GOD op SY bestemde tyd wel die volk sal bevry.
Hy het sonder twyfel gewéét dat GOD nooit SÝ kinders in slegte tye los of sal toelaat dat die bose met hulle weghardloop nie.

Onthou vandag:
Ook jý is SÝ ribbokkind!
Daarom sal HY, wanneer jy oor moeilike terrein beweeg, jou veilig laat loop.
🙏🏻
Getroue HEER, hou my vandag styf vas, asseblief. Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s