Woestyn en koeltebome .

🖌 Annes Nel 🖌 | Ousus

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom.
🥀Jak 1:2🥀

Die Arabiere, Egiptenaars en Namibiërs het een ding in gemeen. Hulle kén die woestyne! Dis die plekke waar die son nooit ophou skyn nie. Dit verdor alles. Woestyne is nie eintlik bekend vir wonderlike bome en plantegroei nie. ‘n Arabiese gesegde lui so:

Aanhoudende sonskyn veroorsaak woestyne.

Dis waar.

Van die geloofslewe is dit ook waar. Die woestynmense van ons samelewing is maar droog. Dis diegene wat net sonskyn in hulle lewe ken. Daar is min groei.

“Beproewing,” sê Jakobus, “moet ‘n mens bly maak, want dit bring groei.
Waar dit groei, is daar koelte vir mense. Ek vind dit moeilik by mense wat nét sonskyn ken. Daar is dikwels geen koelteplekke by hulle nie. Ek voel tuis by mense wat deur swaarkry koelteplekke vir ander ontwikkel het. Hulle is nie so hard en ongenaakbaar soos die woestyn nie. Jou voete brand nie as jy by hulle gaan staan nie.

Ek bid dat die HERE die nie-sonskyndae in jou lewe sal gebruik om vir ander ‘n oase te skep waar hulle kan rus . Wees ‘n rusplek vir ander!
🙏🏻
HERE, dankie dat daar altyd groei deur beproewings kom. Maak ons ‘n oase waar ander mense kan kom ontspan asseblief. Dankie dat U ons nóóit óóit alleen laat in ons beproewings nie, en dat ons sterker mense daaruit kom. Amen.

Môre sal die son weer skyn…
Miswolke sal dan verdwyn!
Glimlag deur die storm heen…
Jý is mos ‘n Koningskind!

🌿🕊§hãłøm🕊🌿

2 thoughts on “Woestyn en koeltebome .

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s