Voel jy soms of die Here te vér is?

bron: Ousus

Voel jy soms of die Here te vêr is?

Dis die mooiste woorde en so vertroostend.

Voel jy soms of die Here te vér is?
Twyfel jy soms aan God se bestaan?
Jy moet glo dat die Heer met jou saamloop;
dat Sy Gees oral met jou sal gaan.

Dis die waarheid weet julle. As jy vir jouself vertel dat dinge vandag gaan verkeerd loop, dan gaan dit waarskynlik verkeerd loop. Negatiewe gedagtes ontstaan by twyfel. Die liedjieskrywer sê ons moet glo dat die Heer met ons saamloop. As jy dit nie glo nie, beteken dit jy is negatief en jy sien nie eens raak dat Sy Gees oral met jou gaan nie. In Job 3 vers 25 staan daar : “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref”. Dit wys ons weer hoe belangrik dit is om positiewe gedagtes te koester en te glo.

Jesus sê Hy kom weer,
Hy kom uit die hemel neer –
met basuin en geskal
kom Hy al sy mense haal.

As ons dit nie glo nie het ons groot probleme! Hoe gereeld dink ons aan die wederkoms van Jesus? Is daar in jou hart ‘n verwagting dat Jesus regtig, regtig weer op die wolke sal verskyn? Glo jy dat jy eendag net dalk sal opkyk en ‘n liggaam sien neerdaal uit die hemel uit? Of is dit dalk so ietsie van ‘n geestelike “fairy tale”? Ja, dit is so dat daar valse profete rondloop wat mense wil leer net wat hulle wil hoor! Maar nou ja, ek kies om vir Jesus te glo. Hy wat nog nooit ooit verkeerd bewys kon word nie! Op geen enkele gebied nie! En Hy kom met hierdie volgende belofte: EK KOM WEER! Want dit staan in Sy Woord!

Deur sy Woord weet ons Jesus gaan t’rugkeer
na ons wêreld met alles daarin
Wat gebreek is, sal Jesus kom heelmaak;
deur sy Woord weet ons alles maak sin.
Hoor hoe sag waai die wind,
kyk die glimlag van ’n kind.
Maak jou los van die kwaad –
dis jou Skepper wat hier praat.

Jesus maak elke dag heel dag heel wat gebreek is. Dis evangelie. En Hy maak altyd sin. Die pragtige verwysing na hoe sag die wind waai en die glimlag van ‘n kind is die mooiste ooit en ek wil dit hardop skree en jubel. Daar is niks mooier as die glimlag van ‘n kind nie. En dit is waarom daar niks mooier en beter vir my is as HY nie. En as jy jou losmaak van die kwaad sal jy al hierdie pragtige goed sien, ervaar en glo.

Voel jy soms of die Here te vér is?
Twyfel jy soms aan God se bestaan?
Jy moet glo dat die Heer met jou saamloop;
dat sy Gees oral met jou sal gaan.

 

Advertisements

4 thoughts on “Voel jy soms of die Here te vér is?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s