Liefde is om dit te deel met ander!

bron: Ousus

Twee broers het saam gewerk op die familie plaas.  Die een was getroud met ’n groot gesin. Die ander was ’n alleenloper sonder ’n gesin. Op die ou end het die twee broers alles eweredig gedeel, produkte en die wins. Eendag dink die alleenloper broer by homself ……

Dit is nie reg dat ons alles eweredig deel nie. Ek is alleen en my behoeftes is baie minder as my broer s’n. Hy moet beslis ’n groter behoefte hê, met die dat hy ‘n gesin het om te versorg.

So, elke aand het hy ’n sak koring geneem van sy stoor, oor die veld gesluip tussen die twee huise deur en die koring in sy broer se stoor geplaas.

Intussen het die getroude broer by homself gedink, dit is nie regverdig dat ons die produkte en wins eweredig verdeel nie. Per slot van rekening, is ek getroud en het ’n vrou en kinders wat na my kan omsien in die jare wat kom.  My broer het niemand wat in die toekoms na hom sal kan omsien nie en hy moet voorsiening maak vir sy oudag sodat hy iemand kan vergoed om hom te versorg.

So, elke aand neem hy ’n sak van sy koring en gaan plaas dit in sy broer se stoor.

Beide mans was vir baie jare verbaas omdat hulle voorraad koring nooit minder raak nie, en het so elkeen by homself gewonder hoekom dit so is.

Een donker nag loop die twee broers inmekaar vas, elkeen met ’n sak koring op sy rug.
Stadig dring die besef tot hul deur wat gebeur het. Hulle het al twee hul sakke op die grond gegooi en mekaar omhels.

Dankbaarheid is om genoeg te hê.

Liefde is om dit te deel met ander!

Laat ons minder aan ons eie ek en eie self en eie behoeftes dink, en kom ons kyk waar ons ander kan help, en so bly ons skure vol !”
( Doringdraad )

Advertisements

2 thoughts on “Liefde is om dit te deel met ander!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s