Die genot van vriendskap …

bron: Ousus

deur Johan Smit

Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry. – Spreuke 27:9

As die skrywer van Spreuke van reukolie en wierook praat, kan ons dit goedskiks vertaal met parfuum en geurige badolie. Dit gaan hier oor die genot van heerlike geure. Soos ‘n mens geure kan geniet, so is die raad wat vriende vir jou gee. Dit is nogal moeilik om te verstaan. Die raad van vriende – hoe kan dit vir ‘n mens dan so wonderlik wees? Dink ‘n bietjie hieroor na…

Wanneer ‘n vriend vir jou raad gee, is dit gewoonlik bedoel om tot jou voordeel te wees.
Hy gee vir jou raad omdat hy vir jou omgee en jou die heel beste toewens. Baie keer is ‘n mens verward en onseker oor die besluite wat jy moet neem omdat jy so intens daarby betrokke is.

‘n Vriend wat in ‘n mate op die kantlyn staan, kan jou op ‘n rustige en bedaarde manier van goeie raad bedien – raad wat baie positiewe gevolge vir jou kan hê.
Verstaan jy nou dat vriende se raad so aangenaam soos parfuum kan wees? Dit gee geur aan jou lewe!

IEMAND HET GESÊ:

Die essensie van vriendskap is om te vergeet wat jy gee en te onthou wat jy kry.
~ ALEXANDER DUMAS ~

🕊Shalom🕊

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s