Maak oop! Los!

bron: Ousus

Ek het die verhaal gehoor van die seuntjie wat sy hand in ‘n blompot gesteek het, en hom nie weer kon uitkry nie. Sy pa het ook probeer om die hand uit te trek maar sonder sukses. Sy pa het gedink sy hand het opgeswel en is te groot om terug deur die opening te kom.

Gedink om hierdie waardevolle blompot te breek.

En hy praat met die seun en vra hom of sy hand oop of toe is. Die seun sê toe dat sy hand toe is, waarop sy pa hom vra om sy hand oop te maak sodat sy vingers reguit vorentoe wys, om sodoende makliker te kan uitgly. Die seun antwoord sy pa dat hy nie sy hand kan oopmaak nie.

Hoekom nie?

Want hy dink hy het ‘n R5 wat in die pot was in sy hand, wat gaan val as hy sy hand oopmaak!

Hoeveel keer in die lewe hou ons vas aan aardse dinge, wat ons verhoed om vry te wees?

Moet ons eers gee, voordat ons weer kan ontvang!

Sê ons Hemelse Vader los, maak oop die vingers, gee wat in jou hand is, sodat jy weer iets beter, iets groter, iets waardevoller kan ontvang. Gee jou Woord wat jy Sondag ontvang het aan iemand, sodat jy weer vars Woord kan ontvang. Gee jou probleme aan Jesus, in ruil vir vrymaking. Gee jou tyd vir iemand, in ruil vir ‘n spesiale oomblik met Jesus!
Kom ons kyk bietjie wat is in ons hande?

Baie mense weet nie wat in hul hand is nie, want hulle hand is nog steeds in die blompot, van kleintyd af. Dit is tyd om na Jesus se Stem te luister, wat sê!
Maak oop!
Los!
Want dan eers kan Ek iets meer waardevol in jou kaal hand sit! En dit is so waar dat ‘n toe hand niks kan ontvang nie! So baie waar!
💧⚔💧⚔💧⚔💧⚔💧

Advertisements

One thought on “Maak oop! Los!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s