Hoe lyk jou voetspore

deur Nina Smit

Vertel dit aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel, en dié weer aan húlle nageslag.
Joël 1:3

Daar is één erfporsie wat ouers vir hulle kinders kan nalaat, en dit is die regte waardes. Jy as ma moet Christus se bloudruk vir jou kinders wees. Leer hulle van jongs af om eerlik en selfstandig te wees, om geduldig en mededeelsaam te wees, om op hulle eie vermoëns te vertrou en om waarderend en liefdevol teenoor ander mense te wees. Hulle moet ook weet die lewe is nie regverdig nie.

Die moderne wêreld steur hom nie aan Bybelse waardes nie, en dryf trouens al hoe verder van Christelike waardes af weg. Dinge soos voorhuwelikse seks, die misbruik van dwelms en drank, en verslawing aan pornografie het so alledaags geword dat dit byna nie meer as verkeerd beskou word nie.

Om hierdie rede sal jy self vir jou kinders hierdie waardes moet uitstippel en inskerp wanneer hulle nog jonk is. Dit is die enigste manier hoe hulle die regte waardes sal kan leer.

Om eienskappe soos integriteit, eerlikheid, betroubaarheid en vriendelikheid by jou kinders te kweek gaan op die ou end vir hulle ’n veel waardevoller erfenis wees as jou geld en goed.

Jou voorbeeld moet so wees dat jou kinders dit aan hulle kinders gaan oordra.

bron..

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s