Waarheen is ons oppad?

bron: Christa

Jona 1:3  Maar Jona het hom klaar gemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die Here af weg;  en hy het na Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar.  En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar van die aangesig van die Here af.

Hierdie vers ‘n het diep indruk op my gemoed gemaak. Soos die verhaal ontplooi, kom baie van Jona se verset, sy eiewysheid en eiegeregtigheid na vore. In die vers word dit baie kru uitgedruk, sonder enige kamoeflering.  Dit begin by die woord:  “maar. “. Let op watter rol speel die woord. Dit klink byna soos’n skaakspel op see.

God se: “Gaan oos,” MAAR Jona gaan wes. MAAR God laat ‘n storm opkom, MAAR Jona lê en slaap. Hier kom Jona se eiesinnigheid: God sê: Maak jou klaar en gaan na Nineve… MAAR Jona het klaar gemaak om na Tarsis te vlug. Hy het die reis BETAAL en aan boord gegaan… Koel, berekend. En dan tweemaal kom dit vlymskerp: WEG VAN DIE HERE AF.  MAAR Jona doen presies die teenoorgestelde wat van hom verwag word want DIE WOORD VAN DIE HERE het TOT JONA gekom (v1) Hy ontvlug God se opdrag. Sy wil teenoor God se wil,

Ek dink God wil hier vir ons ook ‘n stelling maak: “Moet nie JY, wanneer jy in God se genade geroep word, veral om sy genadeboodskap te verkondig of te getuig, besluit waarheen en hoe jy wil optree nie!”

Oorsigtelik kan mens maar ons optrede met die van Jona  vergelyk. O ons kan soms so hardnekkig wees, vra God se hulp en spring dan self in om dit op te los. Maak soos ek wil, in plaas dat ek God se wil toelaat in my lewe. Waarheen is ons oppad? Is dit na Nineve, of is dit Tarsis?

My Vader, ek bely vandag my hardnekkige eiegeregtigheid en my ongehoorsaamheid. Here neem beheer oor my lewe sodat ek U wil sal toelaat in my lewe. Dankie Here vir nog ‘n nuwe dag om oor te begin, dit is genade wat U skenk. Amen.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s