Ken die Here in al jou besluite

Spreuke 3:6“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.”

Dit is baie belangrik dat ‘n mens jou lewe in oorleg met die Here sal beplan. Moenie eensydige besluite neem en só die bepaler van jou eie lotgevalle word nie. Dit kan jou duur te staan kom. Die opdrag is dat ons die Here in al ons weë moet ken, m.a.w. in al ons besluite. Bid eers voordat jy ‘n finale besluit oor enigiets neem, en vra die Here om jou omstandighede na sy wil te beskik. Hy kan deure vir jou oopmaak of toemaak, daarom moet jy die saak aan Hom oorlaat. Dawid sê: “Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer” (Ps. 37:5). Wanneer ‘n deur toe is, moenie teen die prikkels skop en die deur probeer oop forseer nie, want dan dwing jy jou eie wil op die situasie af.

Behalwe vir die regte geleenthede waarvoor ons moet wag, moet ons ook seker maak dat die vrede van God in ons harte is. Wanneer jy baie onseker en selfs bang is om bv. jou werk te bedank, van woonplek te verander of na ‘n ander land te trek, wag eers totdat jy vrede oor die saak in jou hart het: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil. 4:6-7). As jy nog twyfel en nie vrede oor ‘n saak het nie, moet dan nie oorhaastige besluite neem nie.

Mense wat impulsief is, deurdink nie ‘n saak goed nie en is gewoonlik ook nie bereid om op die Here se leiding te wag nie. Hulle kan maklik uit die Here se wil beweeg, met ‘n verkeerde huweliksmaat trou, ‘n verkeerde beroepskeuse of studierigting maak, en ook verkeerde besluite oor verskillende aspekte van hulle lewe neem. Sulke mense moenie later, wanneer onaangename ervarings hulle deel is, vra waarom die Here dit oor hulle toegelaat het nie. Onder die aanstigting van die duiwel, of die begeerlikhede van hulle eie, ongekruisigde vlees, het hulle self die besluite geneem wat na hulle probleme gelei het. Volg liewer Salomo se beproefde raad: “Ken die Here in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.”

Gebed: “Ons dankie U, Here Jesus, dat U ons Leidsman en Herder is wat ons deur die lewe wil begelei. U wil ons na groen weivelde lei, na waters waar rus is. As ons U volg sal elke dal opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; die krom draaie sal ‘n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë (Luk. 3:5). Maak ons bereid om u leiding te volg, en help ons dat ons prioriteite altyd reg sal wees. Ons moet eers die koninkryk van God en sy geregtigheid soek, dan sal al die ander dinge vir ons bygevoeg word. Help ons om dit te doen, ter wille van u oorwinnende Naam. Amen.”

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s