JY EN GOD OP JOU LEWENSPAD.

deur Sonja Daffie

“Wees sterk. Wees vasberade. Moenie skrik nie en moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is met jou oral waar jy gaan.” Jos 1:9

Laat God toe om ‘n wandelstok of twee vir jou te sny vir jou lewenspad.

Uit die woude van die vele bosse waardeur jy moet gaan en weet dan dat Hy saam met jou loop, oor die vlaktes van die woestyne, oor die berge van jou probleme, langs die kus af tot daar waar daar waters van rus is.

Hy is die helder son aan die hemel van jou lewenspad, vas geanker in jou hart se dagboek.
Moet nooit die son miskyk wat aan die horison begin nie, dit is tog dieselfde son wat reeds by jou reis se einde skyn!

Onthou die reuk van die mildelike reën as jou geheue dalk sou kwyn.
By Hom is daar tog geen leemtes nie!

Hy bly steeds jou behoud –

Al reis jy oor die sewe seë en skuif kontinente stil verby, laat Hom jou voetval steeds rig en verbly jou in die reis.

Al vrees jy soms die vreemde, die eensaamheid en skrik vir die groot berge en woeste storms, onthou dís wanneer Hy jou mos dra!

Laat Hom elke voetstap van jou reis lei – want dit is soos dit hoort!

Mag ons Vader-God rotse uit jou pad rol, Sy lewende waters in jou lewe spoel!
Mag Hy jou voed met Hemelse Manna, jou Sy lig gee en jou omring met Sy liefde,
sorg en genade!

Mag Hy jou elke dag oorvloedig seën en bewaar!
Amen!

Advertisements

One thought on “JY EN GOD OP JOU LEWENSPAD.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s