Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog
Annien Botha het my geïnspireer om hierdie bloginskrywing geskryf. Sy skryf oor die verantoordelikheid neem ten opsigte van jou gesondheid.
Maar ek wil dit baie verder neem.
Ons het lui geword. O ja, ons werk harder as ooit! Ons staan soggens watter tyd op om te begin jaag om betyds by ons werk te kom, die verkeer aan te durf, ons beste te gee by die werk, die kinders op hulle plekke te kry, aandkos te maak, huis skoonmaak, almal betyds in die bed kry en totaal uitgeput in ons bed neerplons, net om gou ‘n bietjie rus te kry voor die wekker ons wakker skree om net weer die gejaag môre van voor af te begin.
Intussen laat ons ons kinders opvoed deur ander mense, ons skeep ons geestelike lewe af, ons kom nie by God uit nie, nie by ons man uit nie, nie by ons kinders uit nie…
View original post 302 more words