Om met grasie oud te word

deur admin | Voelgoed

melanie vosloo

Skrywer en sakevrou Milanie Vosloo glo nie dat God goed soos Botox en verjongingskure afkeur nie. Soos alles in die lewe gaan dit oor balans.

Jy mag ook na jou uiterlike kyk

As ons jonk is, aanvaar ons ons jeug en ons skoonheid as vanselfsprekend. Maar dan, op ’n dag, besef ons dat moederaarde se swaartekrag nogal ’n paar dinge aan ons lywe verander het. Oor die jare het lyntjies en bultjies op onwelkome plekke hulle verskyning gemaak. Verby is die dae dat jy trappe twee-twee op ’n slag kon kafdraf.

Ewe skielik maak goeie vogrome en gewone gesigsbehandelings nie meer ’n indruk op ons beter-lyk nie. En soos die plooie en ouderdomsvlekke meer word, begin ons hulpmiddels soos chemiese afskilfering, laserbehandelings, Botox en hormoonbehandelings oorweeg. Maar is dit reg? Dra dit God se goedkeuring weg as ons so op die uiterlike fokus?

Soos altyd, kan ons antwoorde oor ongemaklike vrae in die Woord en in die stil plek in ons hart soek: daar waar ek en my Vader eerlik met mekaar kan gesels. Natuurlik gee die Bybel nie vir ons al die direkte antwoorde op die vrae van ons moderne tyd nie, maar sal jy ongetwyfeld rigting en leiding vir jou vrae oor verjongingskure in die Woord kry.

Wanneer ’n soeke na jeugdigheid te veel word

lees verder . . .

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s