AL KAN JY DIT NOG NIE SIEN NIE

deur Piet Smit
Heb. 11:1 – “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”

Ek onthou hoe my oudste dogter vir haar eersteling toe hy nog so ‘n opgeskote mannetjie was, ‘n ‘n “B.B. gun” gekoop het as verjaardag geskenk. Die geskenk is weggesteek in die woonstel binne-in ‘n swartsak. So was die geskenk onder sy neus in die woonstel, sonder dat hy iets vermoed het. Dit het selfs gebeur dat ‘n klompie dae voor sy verjaardag, sy ma die verbloemde geskenk saam met hom in die motor geneem het om hom eers by die skool te gaan aflaai, sodat sy later die geskenk in die regte geskenkpapier kan gaan toedraai. Sonder dat hy besef het hoe naby is hy aan sy droom speelding!

Hoe dikwels begeer ons iets van die Here en bid ons daarvoor. Nou moet ons met geloof en met geduld wag vir die antwoord. Heb. 10:36 – “Want julle het lydsaamheid (volharding) nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.”

Ons menslike probleem is, dat ons tydsberekening stem nie altyd ooreen met God se tydsberekening. Onthou God se tydsberekening is altyd perfek. Die Here het ons versoek gehoor, maar nou wag Hy vir die perfekte tyd om dit vir ons te gee.

As die antwoord of die uitkoms nie dadelik kom nie, dink ons die Here het nie gehoor nie of wil dit selfs nie vir ons gee nie. Min wetende dat die antwoord is al onderweg en is selfs naby ons. Dis maar net vir ons oë nog verbloem. Die Here het die geskenk maar net solank vir ons in “geskenkpapier toegedraai” en wag net vir die regte geleentheid om dit vir ons te gee.

Onthou alles ontvang ons van God deur geloof (Gal. 3:14; Heb. 11:6). Maar hierdie wag periode maak dat ongeloof by ons intree en dan begin ons dikwels die uitkoms te soek op elke ander plek en instansie. Met die gevolg, ek en jy ontbeer die wonderlike getuienis van God se bonatuurlike ingryping!

Die beloofde land was vir elke Israeliet bedoel wat Egipte verlaat het, maar slegs die wat geglo het, kon ingaan. Heb 3:19 “En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.” Jes. 28:16 – “… hy wat glo, sal nie haastig wees nie.“

Waarvoor vertrou jy die Here? Bly volhardend wag op die Here se perfekte uitkoms en voorsiening op die perfekte tyd!

GEBED
Here, ek aanvaar in geloof dat U my gebed die eerste keer hoor. In hierdie jaar, sal ek vas staan en afwag vir U antwoord op die regte tyd! Amen.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s