Hoe kan ‘n liefdevolle GOD mense hel toe stuur?

deur Max Lucado

Dis ‘n vraag wat dikwels gevra word, maar die vraag bring self ‘n aantal wanopvattings na vore.

Eerstens, GOD stuur nie mense hel toe nie.
HY neem bloot hulle keuse in ag.
Die hel is die hoogste uitdrukking van GOD se hoë  agting vir die waardigheid van die mens. HY het ons nog nooit gedwing om HOM te kies nie, selfs al beteken dit dat ons die hel kies.

Soos C. S. Lewis gesê het:
“There are only two kinds of people in the end: those who say to GOD:
‘Thy will be done’ and those to whom GOD says, in the end,
‘Thy will be done.’
All that are in hell choose it.”
In ‘n ander boek sê Lewis dit soos volg:
“I willingly believe the damned are, in one sense, successful rebels to the end; that the doors of hell are locked in the inside.”

Nee, GOD “stuur” nie mense hel toe nie. HY stuur ook nie “mense” hel toe nie.
Dis die tweede wanopvatting.

Die woord “mense” is neutraal en impliseer onskuld. Die Skrif leer nêrens dat onskuldige mense veroordeel word nie. ‘Mense’ gaan nie hel toe nie. ‘Sondaars’ gaan hel toe. ‘Opstandiges’ gaan hel toe. ‘Selfgesentreerdes’ gaan hel toe. So, hoe kan ‘n liefdevolle GOD mense hel toe stuur? HY doen dit nie. HY neem bloot sondaars se keuse in ag.

“… Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.” (Luk 16:27-28).

Wat is  hier aan die gang? Die ryk man skielik vervul met ywer vir die Evangelie? Die een wat GOD nooit geken het nie, bid nou dat sendelinge gestuur moet word?
Verbasend wat een tree in die die hel in kan doen vir mens se prioriteite. Hulle wat die verskriklikhede van die hel ken, sal enigiets doen om hulle vriende te waarsku. JESUS wat die finale vloedgolf van GOD se toorn verstaan, pleit by ons om enigiets op te offer om dit te vermy:

“As jou hand of jou voet jou van MY afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink die lewe in te gaan as om met al twee jou hande of jou voete in die ewige vuur gegooi te word.
En as jou oog jou van MY afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.” (Matt 18:8-9).

Hierdie verhaal is sonder enige twyfel die ontstellendste wat JESUS ooit vertel het. Maar dit leer ook ñ belangrike waarheid wat dikwels oor die hoof gesien word. Dit leer ons van die liefde van GOD wat ons verstand te bowe gaan.

Wat? Die liefde van GOD? Max, ek en jy lees twee verskillende verhale. Die een wat ek lees, praat van straf, hel en ewige ellende. Hoe leer dit my van die liefde van GOD?

Omdat GOD daarheen gegaan het, vir jou. GOD het die kloof oorbrug. Waarom? Sodat jy dit nie hoef te doen nie. En omdat HY dit gedoen het, het JESUS … ons lyding op HOM geneem, ons siektes … gedra. (Jesaja 5:3-4).

Ja, die ellende van die hel is onmeetlik groot, maar nie so groot soos GOD se genade nie. Hoe pas ons nou hierdie boodskap toe?
As jy ‘n gelowige is, behoort dit jou te verheug. Jy is gered van die ewige verdoemenis. ‘n Blik op die hel laat ‘n gelowige juig. Maar dit laat die gelowige ook harder probeer om verloregaandes te bereik.

En die wat verlore gaan?
Wat beteken hierdie boodskap vir die wat nie gereed is nie? Luister na die waarskuwings en maak gereed! Hierdie vliegtuig sal nie vir altyd in die lug bly nie: …
Elkeen  wat lewe, moet ter harte neem wat die uiteinde van die mens is. (Pred 7:2).

🙏🏻
HERE JESUS, ek staan skuldig voor U, ek bely my sonde en kom vra dat U my sal vergewe. Op my eie sal ek dit nooit maak vir U ewige lewe nie… Dus nooi ek U opnuut in my lewe in, wees asseblief my VERLOSSER en HERE… Neem my lewe, laat dit HEER, U gewy wees meer en meer… asseblief. Amen.

Blessings!

Advertisements

One thought on “Hoe kan ‘n liefdevolle GOD mense hel toe stuur?

  1. Met reg en rede wonder mense hoe dit vir ‘n liefdevolle God moontlik sou wees om mense na die hel te stuur as dit ‘n ewige voetstaaf sou wees. God is glad nie so wreed nie. Mense het so ‘n boeman van hom gemaak; God het duidelik gestel dat iemand vir die sonde vir die sonde betaal het. Die kouse is af. God is nie ‘n onregverdige regter wat weereens ‘n straf (die harde lewe hier op aarde met baie lyding en einde van die dood) gestraf het nie, en weer ‘n straf oplê soos sommige beweer dat Hy sou doen.

    Die hel is die woord wat vir sheol of gehenna staan, die plek buite ‘n stad waar die vuur altyd gehou word sodat dit dadelik kan optree by die dood van iemand weens ‘n siekte sodat die liggaam dadelik verbrand kan word sodat die siekte nie aangaan nie kan uitbrei.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s