Huil maar MY kind

deur Milanie Vosloo

🌨🌨🌨🌨🌨🌨🌨🌨🌨🌨🌨

Gelukkig is die treurendes, want GOD sal self hulle trane afvee. Mattheus 5:4

Ons almal beleef soms dae wanneer ons sommer net wil huil.
Ja, heel dikwels het ons sulke tye goeie rede vir die hartseer, maar dan is daar ook die dae wanneer ons kliphard soek na ‘n verskoning vir ‘n goeie trane-sessie – iets wat ons manne nie altyd verstaan nie.

Sulke dae is dit tog te lekker om te weet dat ons MEESTER ‘n sagte hart het wat ons met deernis aanmoedig om die sluise van ons harte oop te maak.

JESUS noem treurendes “gelukkige” mense. Miskien is dit juis omdat ons – wanneer ons huil – ekstra broos en ontvanklik vir SY liefde is. Meer as dit stel HY dit ook duidelik dat GOD ‘n VADER is wat SY kinders se trane met groot deernis afvee. Dis asof ons die prentjie kan sien van hoe GOD voor ons kom staan en ons teen SY Bors vashou totdat die snikke bedaar het. Dan voel ons hoe HY ‘n tissue neem en elke traan afvee … selfs die lopende neus saggies afvee …

Huilende mense is weerloos in hul verdriet, hul ontsteltnis of hulle frustrasie. Maar huilendes is ook geseëndes juis omdat GOD dan kans kry om ons – sonder dat ons skanse het – in SY sagte liefde toe te vou.

As jy dus wil huil, huil maar liewe vriend/in. Jou VADER hoor jou hart, verstaan jou emosies en sê vir jou:

“EK seen jou met MY troos.”
🙏🏻
Dankie dat ek by U maar net myself kan wees. GOD-wat-mens-geword-het. Amen.

Blessings!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s