“Selfs al sou …”

deur Milanie Vosloo

Elkeen van ons het ons eie vyeboom-lewe.
Daar’s tye wanneer dit fantasties gaan en die takke van ons harte swaar hang aan die oes wat ons oplewer.
En dan is daar die fases wanneer dit voel of ons vrug-arm is:
Tye waarin ons beleef dat niks wil uitwerk nie. Dis dan wanneer ons aan onsself, ander en die lewe twyfel of maklik hoop kan verloor. Ander kere weer ervaar ons droëtak-tye wanneer dit voel of ons net nog ‘n boom is. Natuurlik is daar die stadiums wanneer die storms van die lewe ons wortelstelsels ernstig wil uitruk en ons wonder waar ons hulp vandaan gaan kom.

Sulke dae is dit goed om weer te lees hoe innig Habakuk ook geworstel het en hoe hy geleer het om GOD te vertrou. Hy het gekies om selfs in die tye toe sy toekoms bleek en hooploos gelyk het, onvoorwaardelik te bly hoop en glo. Hy het besluit om ‘n nogtans-gelowige te wees:
Om ten spyte van misoes-periodes steeds in die HERE se genade te jubel.

Bid vandag dat jy altyd die vermoë sal hê om te juig oor die feit dat jy ‘n verloste is wat, ondanks alles, ondersteun word deur jou getroue VADER!

■ Selfs al sal die vyeboom nie bot nie, sal ek my verbly in die HERE! Ek sal juig oor GOD wat my verlos! -Habakuk 3:17-18-

■ Die wat U Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek, laat U in die steek nie, HERE. -Psalm 9:11-

■ Laat ek in die oggend hoor van U onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed. -Psalm 143:8-

■ Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die HERE, wat hemel en aarde gemaak het. -Psalm 121:1-2-

HERE, saam met Habakuk getuig ek: U, HERE, is my krag. Amen.

Blessings!

Advertisements

One thought on ““Selfs al sou …”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s