Dood, die universele toestand

deur Max Lucado

Dis die groot tekortkoming van die mensdom.
Ons is baie ver weg van die VADER en het geen idee hoe om by die huis uit te kom nie.

Luister hoe Paulus die rol van lykskouer op hom neem en die kadawer van die sondaar beskryf:

🕊🌿🕊🌿🕊🌿🕊🌿🕊🌿🕊

Hulle keel is ‘n oop graf.
Met hulle tonge bedrieg hulle.
Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange.
Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
Hulle laat ‘n spoor van verwoesting en ellende na.
(Vlg. Rom 3:13, 14, 16).

Wat ‘n weersinswekende anatomie!
Kele soos oop grafte. Bedrieglike tonge.
Slanglippe.
Monde vol vulgariteit.
Voete wat loop om geweld te pleeg. En om op te som, noem Paulus die oorsaak van dit alles:
“Ontsag vir GOD het hulle nie” (v. 18).

Sonde is ‘n dodelike siekte.

Sonde het ons gevonnis tot ‘n stadige, pynlike dood.

Sonde doen aan ‘n lewe wat ‘n skêr doen aan blomme. ‘n Sny deur die stam sny die blom af van sy lewensbron. Aanvanklik is die blom mooi, steeds kleurvol en sterk. Maar hou die blom ‘n tyd lank dop, en jy sien die blare begin verlep en die blomblare val af.
Maak nie saak wat jy doen nie, die blom sal nooit weer lewe nie. Omring dit met water. Druk die steel in die grond. Doop dit in bemesting. Plak dit weer vas aan die plant. Doen wat jy wil. Die blom is dood.

Toe die Chinese diktator, Mao Zedong, in 1976 dood is, is sy dokter, dr. Li Zhisui, ‘n onmoontlike taak opgedra. Die Politburo het beveel: “Sy liggaam moet permanent gepreserveer word.” Die personeel het beswaar gemaak. Hy het die verdroogde, verkrimpte oorblyfsels van Lenin en Stalin gesien. Hy het geweet ‘n liggaam sonder lewe is gedoem om te verrot.

Maar hy het sy opdrag gehad. Vier en twintig liter formaldehied is in die liggaam ingepomp. Die resultaat was skrikwekkend. Mao se gesig het opgeswel soos ‘n bal en sy nek was so dik soos sy kop. Sy ore het reghoekig van sy gesig af weggestaan en die chemiese stof het by sy porieë uitgepeul. ‘n Span balsemdeskundigs het vyf uur lank met handoeke en watte gewerk om die vloeistof in sy liggaam in te dwing. Uiteindelik het die gesig normaal gelyk, maar die borskas was so opgeswel dat sy baadjie agter oopgesny en sy liggaam in die vlag van die Kommunistiese Party toegedraai moes word.

Dit was genoegsaam vir die begrafnis, maar die owerhede wou hê dat die liggaam permanent gepreserveer moes word sodat dit op die Tiananmenplein in staatsie kon lê. ‘n Jaar lank het dr. Zhisui toesig  gehou oor ‘n span wat in ‘n ondergrondse hospitaal gewerk het in ‘n poging om die oorskot te preserveer. As gevolg van die oënskynlike vrugteloosheid van die taak, het ‘n regeringsbeampte beveel dat ‘n identiese wasmodel van die liggaam gemaak moes word.
Sowel die liggaam as die wasmodel is na die praalgraf op Tiananmenplein geneem. Derduisende mense het by die glaskis verbygeloop om eerbied te betoon aan die man wat China sewe en twintig jaar lank geregeer het, maar selfs die dokter het nie geweet of hulle na Mao of die wasmodel gekyk het nie.

Maak ons nie ook so nie?
Is dit nie waarmee die mensdom hom besig hou nie? Is dit nie waarop die werksverslaafde hoop nie? Is dit nie waarna die gieriges, die magshongeres en die egbrekers strewe nie? Nie om formaldehied in ‘n lyk te pomp nie, maar om lewe in ‘n siel te pomp?

Ons lei net genoeg mense om die bos om ons altyd nog ‘n bietjie te laat aanhou probeer. Soms selfs al weet ons nie of mense die ware self of ‘n wasmodel sien nie.

‘n Dooie blom het geen lewe nie.
‘n Dooie liggaam het geen lewe nie.
‘n Dooie siel het geen lewe nie.
Die siel wat afgesny is van GOD, verwelk en sterf. Die gevolge van sonde is nie ‘n slegte bui of ‘n slegte dag nie, maar ‘n dooie siel. Die teken van ‘n dooie siel is duidelik: giftige lippe en ‘n verdoemende mond, voete wat loop om geweld te pleeg en oë wat GOD nie sien nie.

Nou weet jy waarom mense so weersinswekend kan wees. Hulle siel is dood. Nou kan jy sien waarom sommige godsdienste so onderdrukkend kan wees. Hulle het geen lewe nie.  Nou kan jy verstaan waarom die dwelmsmouse snags kan slaap en die diktator met sy gewete kan saamleef… Hy het geen gewete nie.
As ons dan die probleem insien, kan ons nie ook die oplossing sien nie? Die oplossing is nie meer godsdiens nie; ons het ‘n wonderwerk nodig. Ons het nie iemand nodig om die dooies te vermom nie, ons het iemand nodig om die dooies op te wek.

Hierdie “IEMAND” leer ons in Romeine 3:22 ken.

Mense wat in JESUS CHRISTUS glo, word nou deur GOD van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo.
Wat JESUS met Lasarus gedoen het, is HY ook gewillig om met ons te doen. CHRISTUS kan die gedagte daaraan dat SY kinders in die begraafplaas verrot, nie verduur nie.
Dus kom HY en roep ons daar uit. Ons is die lyk, en HY is die Lykoproeper. Ons is die dooies, HY is die Opwekker uit die dode. Ons taak is nie om op te staan nie, maar om te erken dat ons dood is. Die klip is weggerol. “Lasarus!” roep HY. (Vul jou naam in). “Kom uit!”
Luister vandag na SY Stem wat roep, en hardloop in die Arms van die een wat jou red en vryspreek van sonde … Die bonus: ‘n Ewige lewe saam met HOM!!!

✨💫Blessings!💫✨

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s