Staan op, draai terug!

Die HERE vra:
“Is dit vir MY wat hulle seermaak? Nee, hulle veroorsaak hulle eie seerkry en vernedering.” Jeremia 7:19

Daar is niks waaraan die  mens so desperaat vasklou as aan sy sonde nie, skryf Soren Kierkegaard.
Nou weet ons ook dat geestelike verdwaaldheid baie oorsake het. Soms hou ons lewenstempo ons weg van GOD, ander kere trek ons gemaklike lewenswyse ons van HOM af weg, en dan is daar die kere wat ons ongehoorsaamheid en eie opstandigheid ons blatant van ons VADER af laat wegdryf.

Wat ookal die redes vir ons verdwaalwees is, stroop sonde ons altyd van ‘n vervullende geestelike lewe. Want sonde is nie noodwendig net om die verkeerde dinge te doen nie; dis inderwaarheid wanneer ons iets doen wat die band tussen ons en GOD breek. Hoe aantreklik die sonde ook al lyk, dit maak altyd stukkend! Dis immers die een oorsaak van al ons ongeluk, hartseer, ellende en seerkry.

Wanneer jy bewus word van verkeerde dinge in jou lewe, moet jy dit onmiddellik bely, vergifnis vra en laat staan. Die oomblik wat jy dit doen, sal jy weer vrede ervaar.
Jy sal beleef hoe jou liefdevolle VADER jou onmiddellik weer gelukkig, veilig en geborge laat voel.

Miskien sê GOD vandag vir jou:
“Wees aan MY gehoorsaam en EK sal julle GOD wees en julle sal MY volk wees. As julle doen wat EK sê, sal dit met julle goed gaan” (Jer. 7:23).
🙏🏻
Hemel-GOD, ek wil nie bly lê nie. Ek wil U gehoorsame opstaan-kind wees. Help my asseblief daarmee. Amen.

✨💫Blessings!💫✨

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s