Waar is GOD?

deur Nina Smit

Die inwoners van Jerusalem roep om hulp daarbuite, die wat die boodskap bring dat daar vrede is, huil onbedaarlik.
Die paaie lê verlate.
Die verdrag is verbreek, die land treur, hy is verdor. ~Jesaja 33:7-9

Ook al is ons met GOD in pas, wonder ons tog dikwels waarom GOD nie op ‘n meer aggressiewe manier ingryp om al die dinge wat ons hinder reg te stel nie.
In die tyd waarin ons leef gaan dit verseker nie altyd goed met Christene nie; in die land waarin ons woon is dinge alles behalwe regverdig.
Een groep mense leef in die uiterste armoede, terwyl ander miljoene rande uitmors.
Soms wonder ons waar GOD dan is dat HY niks aan hierdie omstandighede verbeter nie.

Dit was presies die profeet Jesaja se probleem.
Hy het in ‘n tyd geleef waar GOD se volk uitgebuit is deur die omringende heidenvolke.
GOD se volk is selfs in ballingskap weggevoer, terwyl die Verbondsgod oënskynlik net toegekyk het. Te midde van hierdie hopelose omstandighede kry Jesaja die versekering:
“HY is die EEN op wie jy jou lewe lank kan vertrou” (Jesaja 33:6).
Hierdie belofte is ook vandag vir jou bedoel.
GOD is daar teenwoordig waar jy swaarkry. SY beloftes bly van krag. HY wil jou steeds bystaan en red. Al wat jy hoef te doen is om HOM te vertrou en jou hoop aan HOM vas te knoop.

🙏 HEMELVADER, ek wil opnuut my hoop aan U kom vasknoop en U voluit vertrou, vir sowel die toekoms van ons land as my eie toekoms. Dankie dat U dinge kan beter maak.
Amen.

Blessings!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s