Met hoop kan jy kaalvoet loop!

deur Milanie Vosloo ~

°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°°

GOD sal beslis vir julle dit doen, want HY hou altyd by SY Woord.
1 Kor 1:9

Hoop is nooit ‘n groot vuur waar by jy jou kan verwarm en dag en nag heerlik kan koester nie. Dit is eerder ‘n klein vlammetjie wat net genoeg lig gee wanneer dit baie donker is, skryf Izak de Villiers.

 

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom, enige situasie deurleef … die wêreld oorwin. Want dan glo ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom, ‘n verhouding kan herstel, ons voorspoed sal ervaar … dat ons seën sal beleef.
Sonder hoop verloor ons ons vreugde vir die lewe. Met hoop leef ons ons droom met passie.

Sien jy met afwagting uit na die komende jaar of lê die 365/363 dae soos ‘n berg voor jou? Hoe ook al, kan jy juis nou onthou dat kinders van die lewende GOD met die vaste wete kan leef dat ons VADER altyd in beheer is en dat HY ons – ongeag dit wat die toekoms gaan oplewer – sal lei, sal dra en ons veilig by SY bestemming sal uitbring.
Glo vandag dat jy SY wysheid in jou het, dat SY moed in jou hart gegraveer is en dat die hoop wat HY bring ook jou deel is.

Met hoop kan ‘n mens duisend kilometer kaalvoet loop. Sonder hoop sal selfs die beste Nike-tekkies nie die ding kan doen nie. Mag jy vanjaar kaalvoet deur elke dag huppel!

O VADER, hier in die begin van  ‘n nuwe jaar stoei ‘n mens met ‘n klomp verskillende emosies soos opwinding en verwagting, maar ook twyfel, vrees en onsekerheid.
Die toekomsstrale skyn immers nog net vaagweg op die horison van mõre.
Vanjaar, HERE, kies ek egter om met hoop te leef.

Ek wil glo dat die wêreld ‘n beter plek gaan wees as enige vorige jaar, dat U vrede ‘n groter impak op mense sal hê, dat U koninkryk in miljoene se harte sal kom en dat U liefde alles sal oorwin.

Wanneer ek so bid, weet ek ook dat ek die beginpunt van ‘n beter wereld kan wees, dat geloof, hoop en liefde by my kan begin. Daarom bid ek vir U genade; vir U Goddelike genade wat alles kan oorwin, die onmoontlike kan laat gebeur en my hart kan verander.
Ek bid dat U wysheidsliefde my sal lei in alles wat ek dink, sê, doen … en is.

Sal U my asseblief met groot teerheid my hart en siel – my hele lewe – in die holte van U Hand hou. Sal U U beskerming oor my en my mense vou, ons grondgebied vergroot en aan ons U goedheidseen in oorvloed gee. Ek loof U grote GOD, omdat U dit reeds doen! Amen.

Seënwense vir hierdie jaar, ek bid dat dit ‘n jubeljaar vir ons almal sal wees!

Blessings!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s