‘n Gelofte

’n Gelofte uit nood gebore en wat as ’n smeekgebed aan God gerig is. In die uitkoms is die hand van die Almagtige Drie-Enige God duidelik sigbaar. Daarom wil ons alleen tot eer van God in erkenning dat ons net van Hom afhanklik is en dat Hy ons nooit sal verlaat nie.
Die gelofte van Bloedrivier – 1838
“Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen
Voorwaarde
dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
Belofte
1) ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring,
2) en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,
3) en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
Doel:- om aan God alleen die eer te gee
want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee.”

Advertisements

3 thoughts on “‘n Gelofte

  1. Ek het so gehoop die huis wat ons vir Hom moes bou was in die harte van mense. Dalk hét ons? Daar is vandag meer Christengelowige Zulu’s as wat daar blankes in SA is. Of so word beweer. Ons eie kinders wil niks van Hom weet nie, ‘n algemene verskynsel ten minste in my provinsie.

    Liked by 1 person

    • Krag onderbreking …nou net weer aangekom. My siening oor die die Gelofte wat die Afrikaner volk teenoor God gemaak het is dat hulle op Hom vertrou het onder lewensgevaarlike omstandighede…en God het gehoor gegee op ‘n wonderbaarlike wyse! Ek bid dat die Afrikaner sal terugkeer na die bybel, sy sondes bely en sy saak weer reg stel met God.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s