Dit moet soms reën

deur Milanie Vosloo

Partykeer stuur U probleme na my toe, net om te sien of ek nog aan U vashou.
Vandag het ek U liefde bitter nodig!
Help my, soos U belowe het.
~ Psalm 129:75-76 ~
《Die Boodskap》

Dit is maklik om GOD te vergeet en ons verhouding met HOM af te skeep wanneer ons wêreld kommervry en gemaklik is. As die lewe ons goed behandel, dinge vir ons uitwerk en ons probleemvry is, het ons GOD mos nie so nodig nie, dink ons. En dan, voor ons ons oë uitvee, het ons verhouding met ons Almagtige soos water in die sand weggesypel.

GOD ken hierdie geneigdheid van ons. HY weet hoe maklik dit vir ons is om in goeie tye van HOM te vergeet en ons eie koers in te slaan. Daarom laat ons VADER ook toe dat dit soms reën in ons lewens. Dan kry HY kans om ons opnuut weer te wys hoe genadig HY is, hoe groot SY almag is en hoe oneindig lief HY ons het. Dank HOM daarom gerus ook vir die donderwolktye in jou lewe. Dis dikwels SY leerskool op die reis na volkome vertroue en onverpoosde lojaliteit.

Soms stuur GOD donderstormtye, mistroostige misreëndae en langdurige motreënperiodes in ons lewens sodat ons weer nader aan HOM kan kom. En sodat ons, na die reën, weer die reenboog van SY genade kan sien. Want reënboë kan net in ons harte verskyn wanneer dit sommer lekker gereën het!
Dankie, VADER, vir wonderlike sonskyntye, maar dankie veral ook vir onweersdae: vir die tye wanneer U reënboë in my hart vorm.
Amen.

Blessings!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s