Aan ‘n Spesiale vriend/in

 

Ek wil jou vandag met gelowige vriende seën.
Ek wil jou seën met gelowiges wat langs jou kom staan en in harmonie met jou leef.
Ek wil jou met die vervulling van jou drome seën.
Ek wil jou seën en vir jou sê: God is die gewer van jou drome.
Hy is die droomgewer en sal jou drome waar maak.
Ek wil jou met ñ oorvloedige oes in jou mandjie seën.
Ek wil jou so seën dat jou mandjie altyd sal oorloop met die vrug van die gees sodat jy altyd genoeg sal hê om aan ander weg te gee.
Ek wil jou seën met mense wat saam met jou in eensgesindheid stap.
Ek seën jou sodat jy nie oor ander sal probeer heers deur hulle te manupileer nie, maar hulle met die liefde van God sal hanteer.
Ons lewe in ‘n tyd van verandering.
Ons lewe teen ‘n vinnige pas.
Ek wil jou seën sodat hierdie pas nooit te veel vir jou sal raak nie.
Ek wil jou met uithouvermoë en volharding seën.
God het mense oor Dawid se pad gebring wat in vrede met hom geleef het, hom ondersteun en aangemoedig het.
Ek wil jou vandag met sulke mense om jou seën.
Ek wil jou met verhoudings seën, met vriende wat God ook lief het en dien.
Ek wil jou seën met mense wat die pad van geloof saam met jou sal stap.
Ek wil vandag jou persoonlikheid seën.
Ek wil jou seën met ‘n duidelike beeld van God se plan met jou lewe, en met die wil om Sy plan uit te leef.
Ek wil jou seën met ‘n honger en dors na God se Woord, meer as na enige iets wat die wêreld jou kan bied.
Ek wil jou seën met vrede en vreugde wat al die pyn en seerkry in jou lewe sal vervaag.
Jy dink dalk jy beteken nie veel nie en het nie veel waarde nie.
Ek wil jou vandag seën en vir jou sê: “Jy is op hierdie aarde met ‘n doel. God het ‘n groot plan met jou lewe.”

Ek seën jou.
Seënwense!
(Onbekende skrywer)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s