Mag van die tong …

deur: Annes Nel

Jakobus 3:10

Uit dieselfde mond kom lof en vloek.
So moet dit nie wees nie.

‘n Engelse spreekwoord sê:
“Sticks and stones can break my bones, but words can never hurt me.”
Dit klink mooi, maar ongelukkig is dit juis woorde wat die gees van mense breek.
Daar is soveel mense wat ly onder emosionele mishandeling omdat hulle dag na dag woorde hoor wat hulle identiteit as mense van GOD ignoreer en afbreek.

••JESUS•• het dit baie duidelik gemaak dat ons aan dieselfde oordeel onderwerp sal word as die oordeel wat ons oor ander uitspreek.
(Mat 7:1-6)

Jakobus sê die tong is magtig. Dis soos die stuur van ‘n skip of die toom van ‘n perd, want dit beheer iets wat baie groter is as hy self, naamlik die mens.
(Jak 3:8-9)
Diere kan nog getem word, maar nie die tong nie. Daarom is die tong so ‘n gevaarlike liggaamsdeel.
Dit wat bedoel is om GOD te loof en prys, gebruik ons om ons medemens se waardigheid as skepsels van GOD aan te tas.
Daarom veroorsaak die tong onreg en besmet dit die mens.

Christene se woorde moet gemeenskap tussen mense tot stand bring.
Ons taalgebruik moet opbouend wees, nie afbrekend nie. (Ef 4:29).
In plaas daarvan om mense van GOD te vervreem, moet ons woorde hulle help om te verstaan dat hulle mense van GOD is.
Daarom moet ons tong die draer van GOD se verlossingsboodskap wees, nie van veroordeling en verwerping nie.

Moenie dat jou tong jou kop afsny nie.
-Persiese Spreekwoord-…
HERE, bevry my daarvan dat ek god oor ander se lewe wil speel. Amen.

Blessings

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s