Die styl van liefde

• Annes Nel •

Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. (Romeine 13:10)

Ons kitsmentaliteit het allerhande slegte gevolge vir ons optrede, ook en veral vir ons verhoudings met mense.
Ons sluit kitsvriendskappe, hoop op kitsoplossings vir verhoudingsprobleme en soek eenvoudige metodes om ons kinders weer op die regte pad te bring.

Dit is alles onsin!
Daar is net een manier waarop verhoudings gebou kan word – deur die harde werk van die liefde.
Ja, liefde is werk!
Liefde is die daad wat elke gebod van die wet uitleef. (Romeine 13 : 9)
Dit is harde werk van respek vir mekaar se naam, eer, besittings, waardigheid en verhoudings.
Die kern van die liefde is dat dit geen mens skade aandoen nie.
Liefde is soos ‘n rekening wat ons daagliks aan mekaar betaal.

Ons moet opnuut verstaan dat die eenvoudige dinge soos medelye, vredeliewendheid en bedagsaamheid GOD se wyse manier is om verhoudings te herstel.
(Jak 3 :17-18)
Dit is nie dinge wat ons vandag kan probeer en more kan los nie! Dit is nie ‘n metode tussen ‘n klomp ander metodes nie. Dit is ‘n lewe van navolging van die EEN wat ons geleer het wat liefde is.
(Rom 13 : 14)
Dit het SY lewe gekos! Dit vra alles van jou!

Ons onderskat te dikwels die krag van ‘n enkele aanraking, ‘n glimlag, ‘n vriendelike woord, ‘n luisterende oor, ‘n eerlike kompliment of die kleinste daad van omgee.
Al hierdie dinge het die potensiaal om ‘n lewe te verander!

HERE, maak my ‘n instrument om lewens te verander deur die liefde wat U in my geplaas het, deur die wysheid van U GEES. Amen.

Blessings!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s