Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie.

Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. – Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. – En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. – Toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. – God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.

As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.

Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” – Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.

II Cor. 5:7. -I John 4:19. -I John 4:16. -Eph. l:13. -Col. 1:27.I John 4:20.John 20:29. -Psa. 2:12.

Leave a comment